| |||||
Nasionale leuse: Unité–Progrès–Justice (Frans vir: "Eenheid–Vooruitgang–Geregtigheid") | |||||
Volkslied: Une Seule Nuit / Ditanyè (Frans vir: "Een enkele nag / Lied van oorwinning") | |||||
Hoofstad | Ouagadougou | ||||
Grootste stad | Ouagadougou | ||||
Amptelike tale | Frans Nasionale tale: Dyula, Fula en Mossi[1] | ||||
Regering | Militêre junta Ibrahim Traore Apollinaire J. Kyélem de Tambèla | ||||
Onafhanklikheid | 5 Augustus 1960 11 Junie 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
274 200 km2 (74ste) 105 900 myl2 0,146 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2006-sensus - Digtheid |
21 510 181[2] (58ste) 14 017 262 64 / km2 (137ste) 165,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2021-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,452[4] (182ste) – laag | ||||
Gini (2014) | 35,3[5] – medium | ||||
Geldeenheid | CFA-frank (XOF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .bf | ||||
Skakelkode | +226 |
Burkina Faso (Frans: [buʁkina faso], ) is 'n landingeslote land in Wes-Afrika met laagliggende golwende heuwels en hoër heuwels in die weste en suidooste. Dit word omring deur ses lande: Mali in die noorde, Niger in die ooste, Benin in die suidooste, Togo en Ghana in die suide, en die Ivoorkus in die suidweste. Burkina Faso is in Afrika suid van die Sahara geleë en word deur die Sahel in die verre noorde en die Soedangebied in die sentrum en suide gekenmerk.
Burkina Faso beslaan 'n oppervlakte van 274 200 km² en het 'n bevolking van 21 510 181 in 2021 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Ouagadougou wat in die sentrum van dié land geleë is. Landbou en mynbou is die vernaamste ekonomiese aktiwiteite. Dit is ’n lidland van die Afrika-unie.[6]
Dié land wat voorheen die Republiek Bo-Volta (genoem na die Voltarivier) was, is op 4 Augustus 1984 deur president Thomas Sankara herdoop na "die land van die regop mense" (of "regop land") in Dyula en Mossi, die hoofinheemse tale van dié land. Onafhanklikheid van Frankryk word in 1960 bereik. Onstabiliteit in die 1970's en 1980's is gevolg deur veelparty-verkiesings in die vroeë 1990's. Honderdduisende plaaswerkers trek elke jaar suid na die Ivoorkus en Ghana op soek na loonarbeid. Die inwoners van Burkina Faso staan bekend as Burkinabé wat in Fula "mans of vrouens" beteken.[7] Hiermee word al drie nasionale tale van Burkina Faso – Dyula, Fula en Mossi – by die benaming van dié land ingespan. Burkina Faso se hoofstad Ouagadougou huisves al om die twee jaar die Pan-Afrika-rolprentfees FESPACO.